Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mode
mode [boodskap #136509] Ma, 10 Mei 2021 09:44
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18806
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mode
Afbreking: mo•de


Selfstandige naamwoord: mode
Meervoud: modes
Verkleinwoord: modetjie
Meervoud van verkleining: modetjies

Betekenis:
• Die heersende smaak; die gewilde manier waarop iets gedoen, gekoop of aangetrek word.

Gebruik:
• Is t-hemde en jeans nog in die mode?

Spreekwoord:
• Liewer dood as uit die mode. [Gesê van iemand wat alles sal doen om in die mode te bly.]

Sinoniem:
• fatsoen
• gier
• gril
• styl
• tendens
• trant

Afgelei:
• damesmode
• kindermode
• kleremode
• mansmode
• modeartikel
• modebedryf
• modeboek
• modegek
• modegier
• modegril
• modehuis
• modemal
• mode-ontwerp
• mode-ontwerper
• modeparade
• modepop
• modesiek
• modeskou
• modestyl
• modesug
• modeverskynsel

Vertaling:
Engels: fashion, style, vogue
Nederlands: mode

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aktualiteit
Volgende onderwerp: ratelbek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 12:50:08 MGT 2024