Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wispelturig
wispelturig [boodskap #136246] So, 11 April 2021 10:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18839
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wispelturig
Afbreking: wis•pel•tu•rig


Byvoeglike naamwoord: wispelturig
Vergrotende trap: wispelturiger
Oortreffende trap: wispelturigste
Attributief: wispelturige
Partitief: wispelturigs

Betekenis:
• Wat baie en vinnig verander (in gemoed en gedrag).

Gebruik:
• Pasop, sy is baie wispelturig en temperamenteel.

Sinoniem:
• arbitrêr
• humeurig
• inkonsekwent
• kaprisieus
• loskop
• onbetroubaar
• ongestadig
• onstabiel
• onstandvastig
• onvoorspelbaar
• temperamenteel
• twyfelmoedig
• veranderlik
• wankelmoedig
• weifelagtig
• wisselend
• wisselvallig

Antoniem:
• standvastig

Afgelei:
• wispelturigheid

Vertaling:
Engels: fickle, capricious, inconstant
Nederlands: wispelturig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Chinees
Volgende onderwerp: weerspannig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 09:41:33 MGT 2024