Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » biljoenêr
biljoenêr [boodskap #136230] Sa, 10 April 2021 15:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
biljoenêr
Afbreking: bil•joe•nêr
Samestelling: biljoen + -êr


Selfstandige naamwoord: biljoenêr
Meervoud: biljoenêrs
Verkleinwoord: biljoenêrtjie
Meervoud van verkleining: biljoenêrtjies

Betekenis:
• 'n Ryk persoon wat meer as 'n biljoen (1 000 000 000 000) in rand of 'n ander geldeenheid het.

Gebruik:
• In die geskiedenis was daar al konings wat biljoenêrs was, maar vandag is daar nie mense met so baie geld nie.

Afgelei:
• multibiljoenêr

Verwant:
• miljardêr
• miljoenêr

Vertaling:
Engels: trillionaire
Nederlands: biljonair

Nota:
• Pasop, die Engelse "billionaire" is 'n miljardêr in Afrikaans.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: miljardêr
Volgende onderwerp: buiteband
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:16:17 MGT 2024