Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toeval
toeval [boodskap #136218] Vr, 09 April 2021 15:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toeval
Afbreking: toe•val
Samestelling: toe + val


Selfstandige naamwoord: toeval
Meervoud: toevalle
Verkleinwoord: toevalletjie
Meervoud van verkleining: toevalletjies

Betekenis:
• 'n Gebeurtenis of omstandigheid wat nie vooraf voorsien of bereken is nie.
• (medies) 'n Aanval van 'n siekte, soos epilepsie.

Gebruik:
• Hulle het mekaar per toeval op die troue raakgeloop.
• Die man is skielik oorlede nadat hy 'n toeval gekry het.

Sinoniem:
• geluk
• insident
• toevalligheid
• sameloop
• voorval

Vertaling:
Engels: coincidence, chance, accident; attack
Nederlands: toeval


Werkwoord: val toe, toeval
Verlede tyd: het toegeval

Betekenis:
• So val dat iets dig gesluit is.
• So val dat iets bedek is.
• Te beurt val.

Gebruik:
• Sy is so vaak dat haar oë begin toeval.
• Die mynwerkers het in die skag toegeval.
• Die plaas het die oudste seun toegeval.

Vertaling:
Engels: to fall shut; to cover; to accrue to
Nederlands: toevallen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versadig
Volgende onderwerp: broekspyp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:27:51 MGT 2024