Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nasionale Staat van Inperking (kiemvakansie, grendelstatus)
Nasionale Staat van Inperking [boodskap #130669] So, 05 April 2020 08:29 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Voorstelling van die koronavirus.
'n Voorstelling van die koronavirus.
Op 15 Maart 2020 het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig dat Suid-Afrika vir 21 dae in 'n grendelstaat sal verkeer om die verspreiding van die koronavirus (COVID-19) te bekamp. Dié keimvakansie duur van Donderdag, 26 Maart om 23:59:59 tot Donderdag, 16 April 2020 om 23:59:59.

Skole sal in die tyd gesluit wees, 'n reisverbord is ingestel en mense is versoek om tuis te bly. Mense mag slegs hul huise verlaat om inkopies te doen of nooddienste te verrig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om die polisie en ander staatsdepartemente by te staan in die toepassing van die afsluiting.

Dit lyk egter of daar verskillende reëls vir verskillende mense geld. As jy met jou hond op straat gevang word, wag 'n boete van R5000 (herhaalde oortreders kan ses maande gevangenisstraf ontvang), maar taksies kan tot kapasitiet gelaai word. Talle beskou ook die verbod op sigarette en drank as absolute malligheid.

Ondertussen het Moody’s ons ekonomie na rommelstatus afgegradeer en die rand verhandel teen bykans R20 teenoor die Amerikaanse dollar. Dis nou die derde kredietgraderingsagentskap wat dit doen, ná Standard & Poor’s (S&P) en Fitch die land reeds vroeër afgegradeer het. Koswinkels maak GROOT geld soos mense paniekaankope doen, maar die res van die ekonomie staan botstil.

Tog hoop ons dat ons huisarres lewens sal spaar en dat die ekonomie hierna spoedig tot sy vorige glorie sal herstel.

Sterkte en hou goeie moed, ons detensie (inhokking) is amper verby!
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #130737 is 'n antwoord op boodskap #130669] Do, 09 April 2020 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Pres. Ramaphosa het pas aangekondig dat die grendeltydperk vir 'n verder twee weke verleng sal word. Dit beteken dat daar van vandag af 'n verder 21 dae van inperking (tot die einde van April) sal geld. Daar was ook 'n aanduiding dat die meegaande maatreëls gewysig (hopelik verslap) kan word. Ek neem aan verder aankondigings sal binne die volgende paar dae hieroor bekend gemaak word.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #131004 is 'n antwoord op boodskap #130737] Vr, 24 April 2020 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Gister is vyf vlakke van inperking afgekondig. Suid-Afrika was tot dusver op vlak 5, maar maatreëls sal van 1 Mei na vlak 4 verslap word. Wat dit beteken, is nog nie presies duidelik nie, maar mense sal weer sigarette en dalk self alkohol in matige hoeveelhede kan koop.

Vlak 5: Drastiese maatreëls word vereis om die verspreiding van die virus te bekamp om lewens te red.

Vlak 4: Sommige aktiwiteit word toegelaat onderworpe aan uiterste voorsorgmaatreëls om gemeenskapsoordrag en uitbrekings te beperk.

Vlak 3: Sommige maatreëls kan opgehef word, insluitend werk en sosiale aktiwiteit, om 'n hoë risiko van oordrag te takel.

Vlak 2: Verdere beperkings word opgehef, maar sosiale distansiëring en beperking op sekere ontspannings- en sosiale aktiwiteit duur voort om 'n hernude verspreiding van die virus te voorkom.

Vlak 1: Normale aktiwiteit kan hervat, met voorsorgmaatreëls en gesondheidsriglyne wat te alle tye gevolg moet word.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #131094 is 'n antwoord op boodskap #131004] Wo, 29 April 2020 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die reëls vir vlak 4, in kort:
* 'n Aandklokreël geld van 20:00 tot 05:00.
* Mense kan dan van 06:00 tot 09:00 binne 'n 5km radius van hul huise oefen. Dis 3 ure van fietsry, stap of hardloop in die fris winterlug.
* Dan word goedere en wegneemetes van 09:00 tot 20:00 afgelewer.
* Die eerste groep leerders gaan eers 1 Junie terug skool toe.
* Geen sigarette (ondanks pres. Ramaphosa se versekering) of alkohol word verkoop nie.

Vreemd, veral as mens dink die doel is om die verspreiding van 'n virus te keer, of hoe? In verdere nuus: Die hoof van die VN se Kommissie vir Menseregte, Georgette Gagnon, is bekommerd oor Suid Afrika se "giftige inperkingskultuur" en wit mense kwalifiseer steeds nie vir regeringshulp nie, ongeag hoe benard die situasie.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #131278 is 'n antwoord op boodskap #131094] Wo, 13 Mei 2020 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Oom Cyril praat vanaand weer met die volk, en wil die hele land teen die einde van Mei op valk 3 hê. Hy sê dat plekke met die hoogste vlakke van infeksie sal dalk op vlak 4 moet bly. Ondertussen sal hulle voortgaan om veranderinge aan die vlak 4-regulasies aan te bring. Die res van die toespraak was basies net 'n geprekery vir mense om die reëls te gehoorsaam, tesame met 'n goeie dosis politieke retoriek.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #131384 is 'n antwoord op boodskap #131278] So, 24 Mei 2020 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die agbare president is vanaand weer aan die woord. Die HELE land word blykbaar op 1 Junie na vlak 3 afgeskuif. Brandpunte (hot spots) wek egter kommer, waar die kiem floreer en vinnig versprei. Dit sluit plekke in soos Pretoria (Tshwane), Johannesburg, Kaapstad, ens.

Vlak 3 sal meer vryhede en ekonomiese aktiwiteite toelaat. Mense sal onder andere enige tyd van die dag kan oefen en die aandklokreël word afgeskaf. Alkohol sal onder streng voorwaardes op beperkte dae verkoop mag word, maar sigarette en tabakprodukte is steeds verbode. Restaurante bly gesluit en mense sal steeds nie kerk toe kan gaan of hulle hare kan gaan sny nie.

Werkers mag (meestal) terugkeer na hulle werkplekke, waar hulle daagliks gesatineer en getoets moet word. Mense wat tuis kan werk moet liefs aanhou om dit te doen. Mense oor 60 of met onderliggende mediese kondisies word gemaan om tuis bly.

Skole word heropen en die kurrikulum sal dienooreenkomstig verkort word. Leerders van grade 7 en 12 kan op 1 Junie terugkeer skool toe, hoewel dit nie afgedwing sal word nie.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #131407 is 'n antwoord op boodskap #131384] Di, 26 Mei 2020 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Drie dae later en die land word weer toegespreek. Die keer oor godsdienstige byeenkomste. Dit volg nadat pres. Donald Trump onlangs kerkbyeenkomste in die Verenigde State van Amerika as noodsaaklike dienste verklaar het.

Vanaand se boodskap is dat dienste in Suid-Afrika vanaf 1 Junie af hervat mag word. Kerkgangers moet maskers dra en gesonde sosiale afstande handhaaf. Geboue moet voor en na die tyd gesatineer word. Byeenkomste sal verder tot 'n maksimum van 50 persone beperk wees.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #132136 is 'n antwoord op boodskap #131407] So, 12 Julie 2020 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Opsomming van vanaand se toespraak:
* Ons bly op vlak 3.
* Die nasionale ramptoestand is tot 15 Augustus verleng.
* Drankverkope word weer opgeskort.
* Die aandklokreël is terug, die keer van 21:00 tot 4:00.
* Die dra van maskers gaan strenger toegepas word.

So 'n paar pittige opmerkings van Twitter af:

* More is pynappels weer 30% duurder.
* 'n Oplossing vir om wettig vir jou familie te gaan kuier: Huur 'n Taxi, laai familie in Taxi, draai ruite oop, dra maskers en ry lekker vêr pad en kuier hond uit bos uit.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #132766 is 'n antwoord op boodskap #132136] Sa, 15 Augustus 2020 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die ramptoestand is weer verleng, die keer van 15 Augustus tot 15 September 2020.
Die president gaan weer die burgery toesnou, so ons wag maar in spanning om te hoor wat hy wil sê.
Almal hoop maar vir 'n verlaging na vlak 2.

Opdatering:
* Ons skuif op 17 Augustus om middernag af na vlak 2!
* Mense kan oor provinsiale grense reis.
* Restaurante en kroeë kan heropen en alkohol tot 22:00 bedien.
* Die verbod op tabakprodukte word opgehef.
* Die verbod op drank word voorwaardelik opgehef, en mag van Maandae tot Donderdae tussen 9:00 en 17:00 verkoop word.
* Die aandklokreël van 22:00 tot 4:00 bly onveranderd.
* Mense word steeds aangemoedig om maskers te dra, 'n gesonde afstand te handhaaf, en van die huis af te werk as hulle kan.

Notas:
* Dis was opmerklik dat die president die land in al die landstale, met die enkele uitsondering van Afrikaans, gegroet het.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #133491 is 'n antwoord op boodskap #132766] Sa, 12 September 2020 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Suid-Afrikaanse regering het die landswye ramptoestand tot 15 Oktober verleng en daar is sprake dat ons binnekort na vlak 1 afgeskuif kan word. Statistiek Suid-Afrika het ook bekend gemaak dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk in die tweede kwartaal van die jaar met 51 persent gekrimp het. Dit verteenwoordig die grootste inkrimping tot hede in die land se bestaan.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #133582 is 'n antwoord op boodskap #133491] Wo, 16 September 2020 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Vanaand het pres. Ramaphosa met 'n "goeienaand" in Afrikaans ook gegroet. Dit is al klaar 'n goeie begin!

Mense word aangemoedig om die departement van gesondheid se Covid-19 toepassing op hulle fone af te laai. Die toep sal mense in kennis te stel as hulle aan die virus blootgestel was. Dit versamel blykbaar nie persoonlike data nie, en is veilig om te gebruik.

Die ramptoestand word op 20 September om middernag na vlak 1 afgeskaal. Dit beteken dat maatreëls verder verslap word. Geboue kan nou tot 50% van hul kapasitiet gevul word, tot 'n maksimum van 250 mense. In die buitelug kan groepe van tot 500 mense saamtrek (100 vir begrafnisse). Internasionale roetes word weer oopgestel, maar mense wat die land inkom moet in besit van 'n negatiewe Covid-19-toets wees.

Verder regulasies:
* Maskers moet steeds gedra word en 'n sosiale afstand van 1½ meter moet gehandhaaf word.
* Drankverkope word toegelaat van Maandag tot Vrydag, 9:00 tot 17:00 (een dag ekstra).
* Die aandklokreël is nou van middernag tot 4:00 in die oggend (2 ure langer).
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #134537 is 'n antwoord op boodskap #133582] Do, 12 November 2020 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die ramptoestand is tot 15 Desember verleng, steeds op vlak 1, maar met meer toegewings. Sekere beperkings op internasionale reise is o.a. opgehef en drank sal weer tydens normale ure verkoop mag word.

Toe raak die man die volgende kwyt: "White people are still reaping the benefits of apartheid". Dis nou die man wat R6.4 miljard werd is, en wie se "Swartgoud" (bevoorregte klas) al die groot huise koop en grand karre ry...
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #135170 is 'n antwoord op boodskap #134537] Di, 29 Desember 2020 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Van vandag af is ons terug op 'n aangepaste vlak 3. Alle drankvekope word verbied, die aandklokreël geld nou van 21:00 tot 06:00 en mense wat sonder maskers loop kan 6 maande tronkstraf kry. Dit lyk egter of die regering se reaksie op Covid-19 'n groter gevaar as die virus self inhou. Dit help nie net op verantwoordelik en veilig op te tree nie, maar mens moet ook met al die onlogiese reëls probeer tred hou. Sterkte daar buite!
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #135584 is 'n antwoord op boodskap #135170] Ma, 01 Februarie 2021 18:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Daar is pas afgekondig dat vlak 3 bly, maar drank word weer verkoop. Die aandklokreël is nou van 23:00 tot 4:00 soggens. Kerkdienste kan voortgaan met 50 mense binne of 100 buite. Stande, wynplase en van die ander plekke wat nog bestaan kan oopmaak. Die entstof is blykbaar nou in Suid-Afrika beskikbaar. Niemand sal egter geforseer word om dit te ontvang nie. Daar sal ook nie teen mense gediskrimineer word as hulle daarteen besluit nie.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #135801 is 'n antwoord op boodskap #135584] So, 28 Februarie 2021 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Van môre af is ons weer op vlak 1.
Drankwinkels is weer normaal oop, maar die mondkappies bly.
Die res bly maar min of meer dieselfde, die aandklokreël is 'n uur langer en 'n rapsie meer mense kan byeenkomste bywoon.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #136080 is 'n antwoord op boodskap #135801] Vr, 26 Maart 2021 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
U kan vanaand om middernag 'n glasie klink op 'n volle jaar van ingrendeling.
Onthou julle nog hoe die inperking aanvanklik net 21 dae sou duur?

Hier gaan hy...
Gesondheid!
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #136720 is 'n antwoord op boodskap #136080] So, 30 Mei 2021 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die nimmereindigende inperking is steeds in werking en pres. Ramaphosa het die land pas op vlak 2 geplaas om die derde vlaag in toom te hou. Die aandklokreël is nou weer vanaf 23:00 tot 4:00 soggens en nie-essensiële besighede moet gevolglik om 22:00 sluit. Vir byeenkomste mag slegs 100 mense binne en 250 buite geakkommodeer word, of 50% vir kleiner ruimtes. Mense moet steeds hulle maskers dra en dit is teen die wet om sonder 'n masker in die openbaar te verskyn.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #136940 is 'n antwoord op boodskap #136720] Wo, 16 Junie 2021 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Terug op vlak 3. Dit is opvallend hoe die reëls van die vorige keer toe ons op vlak 3 was verskil. Die aandklokreël is nou van 22:00 tot 4:00. Drankwinkels is oop van Maandae tot Donderdae tussen 10:00 en 18:00. Byeenkomste is beperk tot 50 mense binnenshuis en 100 in die buitelug.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #137066 is 'n antwoord op boodskap #136940] So, 27 Junie 2021 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Terug op vlak 4 -
Besoeke aan ouetehuise is verbied.
Die aandklokreël is nou van 21:00 tot 04:00.
Alle drankverkope word verbied.
Skole sal vroeër, van 30 Junie, vir die vakansie sluit.

Bly positief, maar toets negatief!
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #137356 is 'n antwoord op boodskap #137066] Ma, 26 Julie 2021 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
En terug op vlak 3, vir die wat nog probeer byhou.
Die skole begin vandag en drank is weer te koop van Maandag tot Donderdag, tussen 10:00 en 18:00.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #138097 is 'n antwoord op boodskap #137356] Do, 30 September 2021 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Van 1 Oktober is ons terug op vlak 1.
Die aandklokreël is nou van middernag tot 4:00 snags.
Alkoholverkope mag weer op Vrydae en oor naweke plaasvind.
Die perk op samekomste is 50% van kapasitiet, met 'n maksimum van 750 binne en 2000 buite.
Die departement van gesondheid gaan binnekort inentingspaspoorte begin uitreik.
Re: Nasionale Staat van Inperking [boodskap #139580 is 'n antwoord op boodskap #138097] Do, 23 Junie 2022 11:41 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Uiteindelik 'n bietjie goeie nuus. Die volgende afdelings van die gesondheidsregulasies is herroep:

• Die dra van maskers. Mense kan nou sonder 'n gesigmasker in openbare ruimtes, binnenshuis en met openbare vervoer beweeg.

• Die beperking op saamtrekke. Die regulasies wat enige byeenkomste van meer as 100 mense beperk het, óf tot 50% van maksimum kapasiteit as almal ingeënt is, val ook weg.

• Die beperking op persone wat die land inkom. Mense hoef nie meer 'n inentingsertifikaat of negatiewe PCR-toets met aankoms in Suid-Afrika te wys nie.

U kan die Staatskoerant hier aflaai: http://www.gpwonline.co.za/Documents/Government/46590_22-6_H ealth.pdf
Vorige onderwerp: Kalender van Geloftefeeste
Volgende onderwerp: Afrikaanse nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:04:53 MGT 2024