Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ewigheid
ewigheid [boodskap #135434] Ma, 18 Januarie 2021 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ewigheid
Afbreking: e•wig•heid
Samestelling: ewig + -heid


Selfstandige naamwoord: ewigheid
Meervoud: ewighede

Betekenis:
• Tyd sonder begin of einde; die hiernamaals.
• (figuurlik) Wat langer as gewens aanhou.

Gebruik:
• Hy het die tyd met die ewigheid verwissel.
• Die dominee preek ook 'n ewigheid.

Spreekwoord:
• Hy praat van ewigheid tot amen. [Vervelend lank.]
• Van persketyd tot ewigheid. [Vir 'n baie lang tyd.]

Sinoniem:
• eindeloosheid
• grensloosheid
• oneindigheid
• onbeperktheid

Vertaling:
Engels: eternity
Nederlands: eeuwigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: feesdag
Volgende onderwerp: geloofwaardig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:52:57 MGT 2024