Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mannetjie
mannetjie [boodskap #134134] Sa, 17 Oktober 2020 11:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mannetjie
Afbreking: man•ne•tjie


Selfstandige naamwoord: mannetjie
Meervoud: mannetjies

Betekenis:
• 'n Manlike organisme.

Gebruik:
• In teenstelling met die indrukwekkende voorkoms van die mannetjie is die wyfie van die pou onopvallend.

Antoniem:
• wyfie

Hiponiem:
• hinamannetjie
• kalkoenmannetjie
• koggelmannetjie
• leeumannetjie
• makoumannetjie
• mossiemannetjie
• swaanmannetjie
• tarentaalmannetjie
• tiermannetjie
• verkleurmannetjie
• volstruismannetjie

Afgelei:
• mannetjie-eend
• mannetjieseend
• mannetjieskat
• mannetjiesvoël
• mannetjiesvolstruis

Vertaling:
Engels: male animal
Nederlands: mannetje


Selfstandige naamwoord: man
Meervoud: manne, mans
Verkleinwoord: mannetjie
Meervoud van verkleining: mannetjies

Betekenis:
• 'n Klein man.

Gebruik:
• Die mannetjie vang al weer kattekwaad aan.

Sinoniem:
• kêreltjie
• manspersoon
• pikkie
• outjie
• seun

Antoniem:
• vroutjie

Afgelei:
• derdemannetjie
• kaartmannetjie
• kaboutermannetjie

Vertaling:
Engels: small man, little fellow
Nederlands: mannetje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eienares
Volgende onderwerp: moegoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 21:18:18 MGT 2024