Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Titus, Danny
Titus, Danny [boodskap #133749] Vr, 25 September 2020 20:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Danny Titus (1957–2020) was 'n Suid-Afrikaanse regsman, taalman en historikus wat hom veral vir die uitbou van Afrikaans die bemagtiging van die bruin gemeenskap beywer het. Hy het verklaar: "Afrikaans se verhaal is 'n verhaal van menseregte. In plaas van ’n geïsoleerde eiland van 'n Afrikaner-volkstaal, is dit 'n taal wat deur 'n meerderheid bruin mense gepraat word – is dit 'n taal wat oor kultuurgrense in ons land gepraat word. 'n Diverse taal, veel groter as die verengde volksbeheptheid van die vorige eeu. Dit is die taal van menseregte, van gelykheid, van gelyke waardigheid."

Lewensloop
Danfred James Titus is op 19 Mei 1957 op Worcester gebore. Hy voltooi sy BA LLB aan die Universiteit Wes-Kaapland in 1982 en word in 1983 as advokaat tot die hooggeregshof toegelaat, waar hy as hy as staatsaanklaer by die departement van justisie werksaam was. In 1987 vertrek hy Nederland om sy studie aan die Universiteit van Leiden voort te sit en hy keer in 1993 met 'n meesters- en 'n doktorsgraad in menseregte terug. Sy doktorsgraad se titel is "Die invloed van die internasionale norme van menseregte op die Suid-Afrikaanse regstelsel – met spesifieke verwysing na die regterlike mag.

Hy het verskeie poste by die Verenigde Nasies en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie beklee en in die eerste direksie van die Afrikaanse Taalraad ge­dien. Titus was ook die voorsitter van die DAK-netwerk, 'n organisasie wat hom vir die ontwikkeling van voorheen benadeelde Afrikaanse gemeenskappe beywer. Die laaste 12 jaar van sy lewe (sedert April 2008) was hy by die ATKV betrokke. Hy het in Mei 2020 as uitvoerende direkteur van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV uitgetree. In Februarie 2020 het hy as deel van sy geboortedorp se 200ste bestaansjaarvieringe die Vryheid van Worcester ontvang.

Titus is op 18 September 2020 oorlede nadat komplikasies ingetree het tydens 'n oogoperasie wat hy op 28 Julie ondergaan het. Hy laat twee dogters, Daléne en Neriska, agter, nadat hy sy vrou, Lynda, reeds 7 jaar vroeër aan kanker moes afstaan.

Bronne
* Danny Titus groet die ATKV, LitNet, 26 Mei 2020
* Formidabele dr. Danny Titus oorlede, atkv.org.za, 18 Sep. 2020
* Hulde stroom in vir Danny Titus wat ná koma sterf, Netwerk24, 20 September 2020
* Outobiografie van Dr. Danny Titus, daknetwerk.com
Vorige onderwerp: Belegging
Volgende onderwerp: Rooivink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:03:39 MGT 2024