Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oukei
oukei [boodskap #133659] So, 20 September 2020 20:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oukei
Afbreking: ou•kei


Byvoeglike naamwoord: oukei

Betekenis:
• Reg so; in orde; goed.

Gebruik:
• Is die plek oukei vir oorslaap?

Wisselvorm:
• OK
• okei

Sinoniem:
• orraait

Vertaling:
Engels: okay, alright
Nederlands: oké


Bywoord: oukei

Betekenis:
• Goed so; reg.

Gebruik:
• Het jy darem oukei geslaap?

Vertaling:
Engels: okay, alright
Nederlands: oké


Tussenwerpsel: oukei

Betekenis:
• Goed; reg.

Gebruik:
Oukei, jy kan saamkom!

Vertaling:
Engels: okay
Nederlands: oké


Werkwoord: woord
Verlede tyd: het ge-oukei

Betekenis:
• Goedkeuring gee.

Gebruik:
• Kan jy die aansoek vir my oukei?

Vertaling:
Engels: to okay
Nederlands: oké


Selfstandige naamwoord: oukei
Meervoud: oukeis

Betekenis:
• Goedkeuring.

Gebruik:
• Het die baas die oukei gegee?

Vertaling:
Engels: okay
Nederlands: oké

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wrywing
Volgende onderwerp: paradigmaskuif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:26:32 MGT 2024