Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beethoven, Ludwig van
Beethoven, Ludwig van [boodskap #132947] Wo, 19 Augustus 2020 15:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ludwig van Beethoven, 'n skildery van Joseph Karl Stieler.
Ludwig van Beethoven, 'n skildery van Joseph Karl Stieler.
Ludwig van Beethoven (1770 - 1827) was 'n Duitse komponis, gebore te Bonn, 16 Desember, oorlede Wenen, 26 Maart. Een van die grootste van alle komponiste. Het as kind reeds merkwaardige improvisatoriese talent geopenbaar. Op 13-jarige leeftyd is sy eerste komposisies gepubliseer. Van omtrent sy 30ste jaar af het hy begin doof word; uiteindelik was hy stokdoof.

Sy komposisies kan in drie tydperke ingedeel word: 'n vroeë tydperk, waarin hulle deur die gees van Haydn en Mozart gekenmerk is; 'n middeltydperk, waar sy sterk, oorspronklike musiekpersoonliklikheid na vore dring, en hy deur werke soos die Appassionata-klaviersonate en die Eroica-simfonie die heroïese element in die musiek onderstreep. Sy laaste tydperk toon komposisies met 'n sterk filosofiese inslag, soos sy laaste vyf strykkwartette en die Missa Solemnis. Ook uit hierdie periode dateer sy 9de en laaste simfonie die sogenaamde Korale-simfonie, waarin Schiller se "Vreugde-ode" deur soliste en 'n koor gesing word.

Beethoven se liedere, sy enigste opera Fidelio en die meeste van sy koorwerke toon dat hy nie deurgaans die menslike stem met simpatie bejeën het nie; sy 32 kiaviersonates, sy simfonieë, sy 17 strykkwartette en sy 5 klavierkonserte en 1 vioolkonsert het egter bewys gelewer dat hy enersyds sy voorgangers se klassieke styl volmaak opgesom het en andersyds 'n nuwe klank laat hoor het waarop die komponiste van die 19de eeu kon voortbou.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beestehaal-kommando
Volgende onderwerp: Beets, Nicolaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:03:41 MGT 2024