Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Deen (Porcostoma dentata)
Deen [boodskap #132942] Wo, 19 Augustus 2020 13:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Deen of Natalse roman (Porcostoma dentata) is 'n skaars soort vis wat aan die Natalse kus voorkom en wat tot dieselfde familie as die dikbekkie behoort. Die vis is rooierig van kleur en word tot 20 cm (12 dm.) lank. Aan die bokant is 'n donkerpers streep tussen die oë. Ook op die flanke is daar 'n streep. Die buitenste rande van die buik en die anale vin is wit. Daar is 4 tot 6 opvallende tande in die kaak.

Nota: Die bron gee die vis se naam aan as "Been" en die wetenskaplike naam as "Porostoma dentatá".

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beeldhoukuns
Volgende onderwerp: Beer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 12:07:55 MGT 2024