Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » akkoord
akkoord [boodskap #132530] Ma, 03 Augustus 2020 16:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
akkoord
Afbreking: ak•koord


Selfstandige naamwoord: akkoord
Meervoud: akkoorde
Verkleinwoord: akkoordjie
Meervoud van verkleining: akkoordjies

Betekenis:
• 'n Ooreenkoms of skikking tussen partye.
• (musiek) Sameklank van ten minste 3 verskillende note.

Gebruik:
• Ná lang onderhandelinge het hulle uiteindelik akkoord bereik.
• Die musikant speel 'n akkoord op sy klavier.

Spreekwoord:
Akkoord (b.nw.) gaan met iets. [Stem saam met iets.]
• Vroeë akkoord gee geen latere krakeel nie. [As betyds ooreengestem word, kan rusie vermy word.]

Sinoniem:
• eenstemmigheid
• ooreenkoms
• reëling
• skikking

Vertaling:
Engels: agreement, accord; chord
Nederlands: akkoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slee
Volgende onderwerp: glipnok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:50:57 MGT 2024