Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » praktyk
praktyk [boodskap #132478] Sa, 01 Augustus 2020 13:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
praktyk
Afbreking: prak•tyk
Uitspraak: /prakˈtəi̯k/


Selfstandige naamwoord: praktyk
Meervoud: praktyke

Betekenis:
• Die ruimte waarin 'n praktisyn (soos 'n dokter fisioterapeut of advokaat) sy beroep uitoefen.
• Die praktiese toepassing, soms in teenstelling tot die teoretiese beskouing daarvan.

Gebruik:
• Pasiënte wat die praktyk besoek word deur die ontvangsdame verwelkom.
• Al die onderwysers is in die praktyk taalonderwysers, aangesien taal in alle vakke benodig en gebruik word.

Spreekwoord:
• Een ons praktyk is beter as 'n pond teorie. [Ervaring beteken dikwels baie meer as kennis.]

Afgelei:
• wanpraktyk

Vertaling:
Engels: activity, pursuit; practice
Nederlands: praktijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keurslyf
Volgende onderwerp: vyandig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 18:00:00 MGT 2024