Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alibi
alibi [boodskap #132310] Wo, 22 Julie 2020 19:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
alibi
Afbreking: a•li•bi


Selfstandige naamwoord: alibi
Meervoud: alibi's
Verkleinwoord: alibi'tjie
Meervoud van verkleining: alibi'tjies

Betekenis:
• 'n Verskoning om 'n verantwoordelikheid of blaam te ontduik.
• (juridies) 'n Pleidooi of verweer dat iemand afwesig was van 'n plek waar 'n misdaad gepleeg is, en dus nie verantwoordbaar is nie.

Gebruik:
• Dit gee my die perfekte alibi vir niksdoen!
• Die verdagte se alibi is dat hy die betrokke aand uitstedig was.

Vertaling:
Engels: alibi
Nederlands: alibi

Nota:
• Afgelei van die Latynse woord "alibī", "êrens anders".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedoem
Volgende onderwerp: tril
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:13:52 MGT 2024