Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwêvoël
kwêvoël [boodskap #132105] Sa, 11 Julie 2020 20:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kwêvoël.
'n Kwêvoël.
kwêvoël
Afbreking: kwê•vo•ël
Samestelling: kwê + voël


Selfstandige naamwoord: kwêvoël
Meervoud: kwêvoëls
Verkleinwoord: kwêvoëltjie
Meervoud van verkleining: kwêvoëltjies

Betekenis:
• 'n Asgrys loerie met 'n lang stert en los gepunte kuif, Corythaixoides concolor.

Gebruik:
• Die kwêvoël is 'n standvoël wat voorkom in die Noordwes, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Zimbabwe, noord en oos Botswana, noorde van Namibië en Mosambiek.

Hiperoniem:
• loerie

Vertaling:
Engels: grey go-away-bird
Nederlands: vale toerako

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: krepeer
Volgende onderwerp: kondoom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:21:07 MGT 2024