Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » offer
offer [boodskap #132067] Vr, 10 Julie 2020 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18815
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
offer
Afbreking: of•fer
Uitspraak: /ˈofər/


Selfstandige naamwoord: offer
Meervoud: offers
Verkleinwoord: offertjie
Meervoud van verkleining: offertjies

Betekenis:
• Iets of iemand was as geskenk aan 'n godheid aangebied word.
• Dit wat aangebied word.

Gebruik:
• Alles wat die Israeliete as 'n offer vir God na die priester toe bring, sal aan die priester behoort. [Numeri 5:9]
• Maak my 'n offer!

Sinoniem:
• koerbaan (Slaams-Afrikaans)

Afgelei:
• brandoffer
• dankoffer
• drankoffer
• rookoffer
• spysoffer
• voedseloffer

Vertaling:
Engels: offering, sacrifice
Nederlands: offer


Werkwoord: offer
Verlede tyd: het geoffer

Betekenis:
• 'n Geskenk aan 'n godheid aanbied.
• Iets uit selfverloëning afstaan.

Gebruik:
• Hulle offer wierook en mirre.
• Die soldaat het sy lewe vir sy volk geoffer.

Vertaling:
Engels: to sacrifice, offer up
Nederlands: offeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oewer
Volgende onderwerp: japie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 14:32:41 MGT 2024