Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sonnestelsel
sonnestelsel [boodskap #132049] Do, 09 Julie 2020 20:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Ons Sonnestelsel.
Ons Sonnestelsel.
sonnestelsel
Afbreking: son•ne•stel•sel
Samestelling: son + -ne- + stelsel


Selfstandige naamwoord: sonnestelsel
Meervoud: sonnestelsels
Verkleinwoord: sonnestelseltjie
Meervoud van verkleining: sonnestelseltjies

Betekenis:
• Ons Son en al die hemelliggame wat daarom wentel, soos die agt planete, hul mane, die asteroïde en die komete.
• Enige ster en die hemelliggame wat daarom wentel, soos eksoplanete.

Gebruik:
• Die planeet Jupiter is die grootste planeet van ons Sonnestelsel.

Sinoniem:
• planetestelsel

Vertaling:
Engels: solar system
Nederlands: zonnestelsel

Nota:
• As daar spesifiek na ons Sonnestelsel verwys word, word dit met 'n hoofletter geskryf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sprokie
Volgende onderwerp: uitvoering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:43:12 MGT 2024