Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blits
blits [boodskap #132033] Wo, 08 Julie 2020 19:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Blitse
Blitse
blits
Afbreking: blits


Selfstandige naamwoord: blits
Meervoud: blitse
Verkleinwoord: blitsie
Meervoud van verkleining: blitsies

Betekenis:
• 'n Weerligstraal; donderslag; bliksem; elektriese stroom tussen die wolke en die grond.
• (figuurlik) Iets wat baie vinnig is.

Gebruik:
• 'n Blits het die boom stukkend geslaan.
• Hy is so vinnig soos 'n vetgesmeerde blits.

Afgelei:
• blitsaanval
• blitsbouler
• blitsig
• blitspatrollie
• blitsvinnig (b.nw.)

Vertaling:
Engels: lightning; flash
Nederlands: bliksem


Werkwoord: blits
Verlede tyd: het geblits

Betekenis:
• Weerlig wat slaan.
• 'n Flikkering, soos die ligflits van 'n weerligstraal.
• Iets vinnig doen.

Gebruik:
• Die donder blits tussen die koppies.
• Die kar se ligte blits in haar oë.
• Hy blits in en dan blits hy weer uit.

Vertaling:
Engels: to strike; to flash
Nederlands: bliksemen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verreikend
Volgende onderwerp: lit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:12:44 MGT 2024