Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » armoede
armoede [boodskap #132020] Di, 07 Julie 2020 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Armoede
Armoede
armoede
Afbreking: ar•moe•de


Selfstandige naamwoord: armoede
Meervoud:

Betekenis:
• Die toestand arm wees; leef met min middele vir lewensonderhoud.

Gebruik:
• Die gebrek aan onderwys dra grotendeels by tot die ontstaan van armoede.

Spreekwoord:
Armoede leer bene kou. [Deur armoede leer 'n mens om vindingryk te wees.]
Armoede met ere, kan niemand dere. [As jy eerbaar is, is geldgebrek nie belangrik nie.]
Armoede leer 'n hond rou rieme vreet. [Armoede dwing jou om dinge te gebruik wat jy in beter omstandighede nooit sou gebruik nie.]
• As armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. [Liefde word in die getroude lewe minder as die armoede druk.]

Sinoniem:
• behoeftigheid
• dakloosheid
• haweloosheid

Antoniem:
• rykdom
• welvaart

Afgelei:
• armoedig
• armoedigheid
• armoedeverligting

Vertaling:
Engels: poverty
Nederlands: armoede

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: manjifiek
Volgende onderwerp: mikrofoon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:44:14 MGT 2024