Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skik
skik [boodskap #131977] So, 05 Julie 2020 07:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skik
Afbreking: skik


Werkwoord: skik
Verlede tyd: het geskik

Betekenis:
• Oplos deur aan beide kante toe te gee; wedersyds tegemoetkom.
• Neerlê en berus by wat gebeur of besluit is.
• Só reël dat dinge moontlik word.

Gebruik:
• Dit is soms beter om 'n saak buite die hof te skik.
• Belasting moet betaal word, daar is geen alternatief nie en mens moet maar jou lewe daarvolgens skik.
• Ons sal die vergadering so skik dat dit die besoeker pas.

Afgelei:
• skikking
• skiktyd

Vertaling:
Engels: to settle; order, arrange, manage, direct; accept
Nederlands: schikken


Selfstandige naamwoord: skik
Meervoud:

Betekenis:
• Tevrede wees met die toedrag van sake (slegs in vaste uitdrukkings).

Gebruik:
• Sy was in haar skik met die prys wat sy gewen het.

Spreekwoord:
• In jou skik wees met iets. [Baie tevrede wees met iets.]
• Iets in der minne skik. [Op vriendskaplike wyse skik.]

Vertaling:
Engels: pleased, delighted, thrilled
Nederlands: blij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: huig
Volgende onderwerp: sagmoedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:00:42 MGT 2024