Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaalgat
kaalgat [boodskap #131975] Sa, 04 Julie 2020 18:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaalgat
Afbreking: kaal•gat
Samestelling: kaal + gat (agterent)


Byvoeglike naamwoord: kaalgat
Attributief: kaalgat

Betekenis:
• Iemand wat niks besit nie; bankrot; brandarm.
• 'n Persoon sonder 'n draad klere; poedelnakend; naak.

Gebruik:
• Hulle het hom kaalgat besteel.
• Daar loop 'n kaalgat man in die straat.

Vertaling:
Engels: stark naked, bare-arsed
Nederlands: piemelnaakt, spiernaakt


Selfstandige naamwoord: kaalgat
Meervoud: kaalgatte
Verkleinwoord: kaalgatjie
Meervoud van verkleining: kaalgatjies

Betekenis:
• 'n Persoon sonder klere aan.

Gebruik:
• 'n Kaalgat hol oor die sportveld.

Sinoniem:
• kaalstert

Vertaling:
Engels: naked person, bare-arse
Nederlands: naaktloper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blesbok
Volgende onderwerp: huig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:30:07 MGT 2024