Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alkohol
alkohol [boodskap #131971] Sa, 04 Julie 2020 15:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Alkoholiese drank
Alkoholiese drank
alkohol
Afbreking: al•ko•hol


Selfstandige naamwoord: alkohol
Meervoud: alkohole
Verkleinwoord: alkoholtjie
Meervoud van verkleining: alkoholtjies

Betekenis:
• Alkoholiese drank, 'n substansie wat deur die gisting van suikers gevorm word.
• (chemie) 'n Groep koolwaterstowwe wat deur die aanwesigheid van 'n -O-H-verbinding gekenmerk word.

Gebruik:
• Ek gebruik nie 'n druppel alkohol nie.
• Die bekendste alkohol is etanol wat voorkom in wyn, bier ens. en dikwels onder die naam "alkohol" verstaan word.

Afgelei:
• alkoholies
• alkoholmisbruik
• alkoholvergiftiging
• alkoholverslawing
• alkoholvry
• bloedalkoholvlak

Vertaling:
Engels: alcohol
Nederlands: alcohol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitsig
Volgende onderwerp: applous
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:00:41 MGT 2024