Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slenter
slenter [boodskap #131872] Ma, 29 Junie 2020 12:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slenter
Afbreking: slen•ter


Selfstandige naamwoord: slenter
Meervoud: slenters
Verkleinwoord: slentertjie
Meervoud van verkleining: slentertjies

Betekenis:
• 'n Slinkse plan om iemand uit te vang; skelmstreek; listigheid; verneukspul.

Gebruik:
• Sy probeer elke slenter in die boek om die vraag te omseil.

Spreekwoord:
• Hy het my met 'n slenter gevang. [Kul my.]

Vertaling:
Engels: swindle, scam
Nederlands: oplichterij


Werkwoord: slenter
Verlede tyd: het geslenter

Betekenis:
• Stadig en lusteloos loop; doelloos drentel; op jou gemak rondstap.

Gebruik:
• Hy slenter teensinnig na sy huis toe.

Afgelei:
• slenterdrag
• slentergang
• rondslenter
• voortslenter

Vertaling:
Engels: to lounge, saunter, stroll
Nederlands: slenteren, wandelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slenterdrag
Volgende onderwerp: stewel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 01:03:51 MGT 2024