Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vuurpyl
vuurpyl [boodskap #131870] Ma, 29 Junie 2020 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vuurpyl.
'n Vuurpyl.
vuurpyl
Afbreking: vuur•pyl
Samestelling: vuur + pyl


Selfstandige naamwoord: vuurpyl
Meervoud: vuurpyle
Verkleinwoord: vuurpyltjie
Meervoud van verkleining: vuurpyltjies

Betekenis:
• Ontvlambare buis wat afgeskiet word as wapen, voertuig of vir vermaak met vuurwerke.
• Plant met vlamrooi blomme, Kniphofia uvaria.

Gebruik:
• 'n Vuurpyl ontwikkel stukrag deur 'n chemiese reaksie wat aanleiding gee tot 'n toename in volume van 'n ingeslote gas, wat gevolglik lei tot 'n toename in druk wat dan 'n straal gas teen hoë spoed uitspuit.
• Die vuurpyle is besig om te blom.

Afgelei:
• vuurpylenjin
• vuurpyltoestel
• vuurpylvliegtuig

Vertaling:
Engels: rocket; red-hot poker
Nederlands: raket

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pik
Volgende onderwerp: slenterdrag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:53:49 MGT 2024