Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pik
pik [boodskap #131869] Ma, 29 Junie 2020 09:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pik.
'n Pik.
pik
Afbreking: pik


Werkwoord: pik
Verlede tyd: het gepik

Betekenis:
• Byt met 'n snawel.
• Aksie van 'n slang wat byt.
• Met 'n tuinpik kap.
• (figuurlik) Op iemand neersien en hom/haar sleg behandel.

Gebruik:
• Die duiwe pik die mielies van die grond af op.
• Pasop dat die slang jou nie pik nie.
• Die tuinier pik die grasperk op.
• Die kinders pik op my.

Spreekwoord:
• Selfs 'n blinde hoender pik soms 'n mieliepit raak. [Soms is mens gelukkig.]
• Kraaie pik nie mekaar se oë uit nie. [Skelm mense doen mekaar gewoonlik nie kwaad nie.]

Vertaling:
Engels: to bite, peck
Nederlands: pikken


Selfstandige naamwoord: pik
Meervoud: pikke
Verkleinwoord: pikkie
Meervoud van verkleining: pikkies

Betekenis:
• Gereedskap met 'n steel en 'n skerp ysterkop waarmee gekap word.
• 'n Swart harsagtige vloeistof, 'n byproduk van teer.

Gebruik:
• Die tuinman het grond met 'n pik losgepik.
• Die boot se romp word met pik gesmeer om dit waterdig te maak.

Spreekwoord:
• Wie met pik omgaan, word daarmee besmet. [Wie met slegte vriende omgaan, word self sleg.]

Afgelei:
• bylpik
• pikswart
• tuinpik
• yspik

Vertaling:
Engels: pick, pickaxe; pitch
Nederlands: pik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vlot
Volgende onderwerp: vuurpyl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:45:22 MGT 2024