Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlot
vlot [boodskap #131868] Ma, 29 Junie 2020 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kinders wat 'n vlot bou.
Kinders wat 'n vlot bou.
vlot
Afbreking: vlot


Selfstandige naamwoord: vlot
Meervoud: vlotte
Verkleinwoord: vlotjie
Meervoud van verkleining: vlotjies

Betekenis:
• 'n Drywende konstruksie, meestal van stukke hout wat aanmekaar vasgemaak is.
• Versierde voertuig wat aan 'n optog deelneem; sierwa.

Gebruik:
• Die kinders bou 'n vlot om oor die dam te roei.
• Die rugbyspelers het op die laaste vlot gestaan en vir die skare gewaai.

Vertaling:
Engels: raft, float
Nederlands: vlot


Byvoeglike naamwoord: vlot
Vergrotende trap: vlotter
Oortreffende trap: vlotste
Attributief: vlot

Betekenis:
• Gemaklik, eenvoudig, sonder veel moeite of probleme.

Gebruik:
• Alles het vlot verloop. Sy praat en skryf vlot Afrikaans.
• Dankie aan almal wat met die vlot verloop van die verrigtinge gehelp het.

Afgelei:
• vlotheid
• vlotweg

Vertaling:
Engels: easy, smooth, quick, fast
Nederlands: vlot


Werkwoord: vlot
Verlede tyd: het gevlot

Betekenis:
• Voorspoedig en sonder probleme verloop.

Gebruik:
• Die onderhandelinge wou maar net nie vlot nie.

Vertaling:
Engels: to float, go smoothly
Nederlands: vlotten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versiering
Volgende onderwerp: pik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 13:17:23 MGT 2024