Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » unsiaal
unsiaal [boodskap #131420] Wo, 27 Mei 2020 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou dokument met unsiale letters.
'n Ou dokument met unsiale letters.
unsiaal
Afbreking: un•si•aal
Uitspraak: /œnsiˈjɑːɫ/


Byvoeglike naamwoord: unsiaal
Attributief: unsiale

Betekenis:
• In die vorm van klassieke hoofletters met afgeronde buitelyn, soos wat van die 3de tot 8ste eeu in gebruik was.

Gebruik:
Unsiale letters was by uitstek geskik om met 'n inkpen te skryf.

Vertaling:
Engels: uncial
Nederlands: unciaal


Selfstandige naamwoord: unsiaal
Meervoud: unsiale
Verkleinwoord: unsiaaltjie
Meervoud van verkleining: unsiaaltjies

Betekenis:
• 'n Geskrif bestaande uit afgronde hoofletters; unsiaalskrif.
• 'n Letter van die skriftipe; unsiaalletter.

Gebruik:
• Dit is 'n manuskript in unsiaal.
• Die meeste unsiale het nog dieselfde vorm as die klassieke hoofletters.

Vertaling:
Engels: uncial
Nederlands: unciaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: outomaties
Volgende onderwerp: beskonke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 05:48:06 MGT 2024