Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gier
gier [boodskap #131410] Wo, 27 Mei 2020 07:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gier
Afbreking: gier


Selfstandige naamwoord: gier
Meervoud: giere
Verkleinwoord: giertjie
Meervoud van verkleining: giertjies

Betekenis:
• 'n Gevoel dat mens iets wil hê of doen; sterk verlange; bevlieging.
• Iets nuuts wat vinnig gewild raak.

Gebruik:
• Sy het skielik 'n gier vir tuinmaak gekry.
• Die nuutste gier onder kinders is om met vroeteltolle (fidget spinners) te speel.

Sinoniem:
• neiging
• stroming
• tendens

Afgelei:
• modegier

Vertaling:
Engels: trend, craze
Nederlands: tendens


Werkwoord: gier
Verlede tyd: het gegier

Betekenis:
• Om te gil of hard te skreeu.

Gebruik:
• Die stormwind gier om die huis se hoeke.

Sinoniem:
• gil
• krys
• loei
• skreeu

Afgelei:
• gierend
• giervoël

Vertaling:
Engels: to screech, to shriek
Nederlands: gieren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goor
Volgende onderwerp: vroeteltol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 06:25:57 MGT 2024