Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » medium
medium [boodskap #131265] Wo, 13 Mei 2020 08:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
medium
Afbreking: me•di•um


Selfstandige naamwoord: medium
Meervoud: mediums, media
Verkleinwoord: mediumpie
Meervoud van verkleining: mediumpies

Betekenis:
• Die manier waarop, of middel waardeur inligting en kennis oorgedra word.
• 'n Tussenstof; eter.
• Iemand met paranormale vermoëns wat inligting vanuit 'n ander dimensie (van geeste) oordra.

Gebruik:
• Die skool se medium van onderrig is Afrikaans.
• Vir golwe wat in 'n medium voortplant, soos klankgolwe, is die snelheid van die waarnemer en van die bron relatief tot die medium waarin die golwe uitgestuur word.
• Die medium kon nie vertel hoe dit met ons oorlede oupa gaan nie.

Sinoniem:
• middel
• middelslag
• tussenganger
• voertaal

Vertaling:
Engels: medium
Nederlands: medium


Byvoeglike naamwoord: medium
Attributief: medium

Betekenis:
• Wat gemiddeld of ongeveer in die middel tussen twee uiterstes is.

Gebruik:
• My vleis moet medium wees asseblief.

Afgelei:
• mediumgaar
• mediumgroot
• mediumswaar

Vertaling:
Engels: medium
Nederlands: medium

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kleitrap
Volgende onderwerp: raadgewer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 18:48:37 MGT 2024