Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » granaat
granaat [boodskap #130729] Do, 09 April 2020 11:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Granaat.
'n Granaat.
granaat
Afbreking: gra•naat
Uitspraak: /χraˈnɑːt/


Selfstandige naamwoord: granaat
Meervoud: granate
Verkleinwoord: granaatjie
Meervoud van verkleining: granaatjies

Betekenis:
• Vrug met talryke rooi pitte, Punica granatum.
• Tipe bom wat met die hand of 'n werper gegooi word.
• Donkerrooi edelsteen; granaatsteen.

Gebruik:
Granate kom oorspronklik van Persië (vandag: Iran) en word al eeue lank rondom die Middellandse See verbou.
• Die soldaat trek die granaat se pennetjie uit en slinger dit na die vyand.
• 'n Granaat word as 'n halfedelsteen beskou omdat sy hardheid gewoonlik 7 (Mohs) of minder is.

Afgelei:
• blomgranaat
• eetgranaat

Vertaling:
Engels: pomegranate; grenade; garnet, Cape ruby
Nederlands: granaatappel
Zoeloe: ihananadi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rinkink
Volgende onderwerp: gruweldaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:12:25 MGT 2024