Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rinkink
rinkink [boodskap #130728] Do, 09 April 2020 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rinkink
Afbreking: rin•kink


Werkwoord: rinkink
Verlede tyd: het gerinkink

Betekenis:
• Uitgelate wees of uitbundig speel en baljaar.

Gebruik:
• Ons gaan die hele nag rinkink.
• Die kleinspan rinkink in die swembad.

Sinoniem:
• baljaar
• feesvier
• fuif
• jol
• kattemaai
• kerjakker

Afgelei:
• rinkinker
• rinkinkery

Vertaling:
Engels: to gallivant, jingle, gad about
Nederlands: rinkinken

Nota:
• 'n Klanknabootsende woord met die aanvanklike betekenis van glase wat rinkink, soos by 'n vrolike feesmaal. Later ontwikkel die betekenis van "geraas of lawaai maak".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: takseer
Volgende onderwerp: granaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 01:25:19 MGT 2024