Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesondheid
gesondheid [boodskap #130721] Wo, 08 April 2020 18:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesondheid
Afbreking: ge•sond•heid
Uitspraak: /χəˈsɔntˌɦəi̯t/


Selfstandige naamwoord: gesondheid
Meervoud:

Betekenis:
• In goeie toestand; nie siek of beseer nie.

Gebruik:
• Die wêreldgesondheidsorganisasie omskryf gesondheid as 'n toestand van totale liggaamlike, geestelike en maatskaplike welsyn en nie net die afwesigheid van siekte en swakheid nie.

Sinoniem:
• welstand

Afgelei:
• gesondheidsprobleem
• gesondheidsoord
• gesondheidsorg

Vertaling:
Engels: health, healthiness, soundness
Nederlands: gezondheid
Xhosa: impil, 9


Tussenwerpsel: gesondheid

Betekenis:
• Uitroep as 'n heildronk ingestel word of as iemand nies of hoes.

Gebruik:
Gesondheid op die rondheid!

Vertaling:
Engels: cheers
Nederlands: gezondheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: erdwolf
Volgende onderwerp: ghong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:01:31 MGT 2024