Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Koronavirus
Koronavirus [boodskap #130192] Vr, 06 Maart 2020 20:53 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dokter aan pasiënt:
"Jy is positief getoets vir die Koronavirus."
"Dadelik in daardie kamertjie in, spesiale dieet van pannekoek en pizza vir jou!"

Pasiënt:
"Werk dit?"
"Nee, maar dis al wat ons onder die deur kan deurstoot!"
Re: Koronavirus [boodskap #130259 is 'n antwoord op boodskap #130341] Di, 17 Maart 2020 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die virus sorg darem vir so bietjie humor tussendeur die histerie.
Iemand vertel dat sy lekker gelag het vir 'n ou tannie by die kafee na sy genies het: inplaas van om te sê "gesondheid", gooi sy toe sommer "korona"!
Re: Koronavirus [boodskap #130341 is 'n antwoord op boodskap #130259] Di, 10 Maart 2020 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
In die verlede moes jy altyd hard hoes dat ander nie hoor jy poep nie,
maar klink my ons gaan nou hard moet poep, dat ander nie hoor ons hoes nie.
Re: Koronavirus [boodskap #130383 is 'n antwoord op boodskap #130341] Vr, 20 Maart 2020 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hulle het gesê: "Net 'n masker en handskoene is genoeg om winkels toe te gaan!"
Toe ek daar kom, het die ander mense klere aan.
Weet jy hoe 'n poephol ek gevoel het!
Re: Koronavirus [boodskap #130453 is 'n antwoord op boodskap #130383] Ma, 23 Maart 2020 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die korona-ding raak nou heeltemal te erg.
Ek nies net oor my rekenaar, toe skop die antivirus-program in.
Re: Koronavirus [boodskap #130514 is 'n antwoord op boodskap #130453] Vr, 27 Maart 2020 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Met niemand anders om mee te praat gedurende dié tyd van isolasie nie, gesels ek nou maar met my vrou.
En wat 'n aangename mens is sy nie!
Re: Koronavirus [boodskap #130515 is 'n antwoord op boodskap #130514] Vr, 27 Maart 2020 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die psigiater laat sy pasiënte weet:
"Dis heeltemal normaal om in afsondering met jul mure, potte en plante te gesels."
"Maar, laat ons dadelik wees as hulle terug antwoord!"
Re: Koronavirus [boodskap #130583 is 'n antwoord op boodskap #130515] Di, 31 Maart 2020 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ons moet die week die vullis uitvat.
Ons is so opgewonde, ons kan nie besluit wat om aan te trek nie!
Re: Koronavirus [boodskap #130708 is 'n antwoord op boodskap #130583] Di, 07 April 2020 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Korona is blykbaar die eerste ding uit Sjina wat vir langer as 'n maand hou.
Re: Koronavirus [boodskap #131190 is 'n antwoord op boodskap #130708] Wo, 06 Mei 2020 05:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Hulle sê ons moet saam staan en teen die virus baklei,
dan sê hulle weer ons moet 1 meter weg van mekaar af staan.
Asseblief, besluit nou net waar gestaan moet word!!!
Re: Koronavirus [boodskap #131211 is 'n antwoord op boodskap #131190] Vr, 08 Mei 2020 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Domste ding wat ek hierdie jaar gekoop het was...
'n 2020-jaarbeplanner!
Re: Koronavirus [boodskap #132418 is 'n antwoord op boodskap #131211] Ma, 27 Julie 2020 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat noem mens 'n babatjie wat in Desember 2020 gebore word?
'n Grendelglips.
Re: Koronavirus [boodskap #132765 is 'n antwoord op boodskap #132418] Sa, 15 Augustus 2020 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Vriende en familie, ek wil julle net inlig dat ek die Russiese Covid19-entstof ontvang het,
en daar is geen nagevolski efectovski secundariosvki
Кто может это прочитать, это уродливый парень .Привет друг Антонио !!
Re: Koronavirus [boodskap #133162 is 'n antwoord op boodskap #132765] Wo, 26 Augustus 2020 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Vrou: Ag dokter, ek het 'n vreeslike tandpyn.
Dokter: OK, trek af dat ek sien.

Vrou: Ekskuus! My panty of bra?
Dokter: Nee man, jou masker!
Re: Koronavirus [boodskap #133258 is 'n antwoord op boodskap #133162] So, 30 Augustus 2020 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die juffou leer die kinders van Covid-19.
Sy vra die klas om 'n sin te maak met "antidoot".

Gatiep antwoord:
"Ons buurvrou het 'n Boereraat vir die virus probeer, en toe ek weer sien is die antie dood!"
Re: Koronavirus [boodskap #135184 is 'n antwoord op boodskap #133258] Wo, 30 Desember 2020 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Cyrel se nuwe naam is blykbaar nou "yrel", want hy het die "C" weggevat.

[Dis was toe die strande weens die pandemie gesluit was.]
Re: Koronavirus [boodskap #135185 is 'n antwoord op boodskap #135184] Wo, 30 Desember 2020 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Moenie skaam wees om 'n masker te dra in die publiek nie.
Daar is mense wat Stormerstruie in die openbaar dra.
Re: Koronavirus [boodskap #135553 is 'n antwoord op boodskap #135185] Do, 28 Januarie 2021 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ons het betroubaar verneem
dat die Indiese entstof wat op pad is
beskikbaar is in Medium, Mild en Hot Smile
Re: Koronavirus [boodskap #138158 is 'n antwoord op boodskap #135553] Vr, 08 Oktober 2021 09:39 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Moenie dat hulle jou temperatuur neem by die winkels nie.
Dis 'n bedrogspul!
Hulle vee jou geheue uit!
Ek het ingegaan vir brood en melk, toe kom ek uit met 6 bottels wyn...
Vorige onderwerp: Silwer Surfers op die Internet
Volgende onderwerp: Skoonma is weg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:37:50 MGT 2024