Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » epikuris
epikuris [boodskap #130505] Do, 26 Maart 2020 18:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
epikuris
Afbreking: e•pi•ku•ris


Selfstandige naamwoord: epikuris
Meervoud: epikuriste, epikureërs

Betekenis:
• Iemand wat glo dat 'n mens die lewe ten volle moet geniet.
• 'n Volgeling van Epikurus (341-270 v.C.)

Gebruik:
• Hier is my lys van plekke om te besoek as jy, soos ek, 'n smulpaap, kosliefhebber, gastronoom of epikuris is.
• Gedurende die tydperk van die Grieke en Romeine het die epikuriste beweer dat daar gode bestaan, maar dat die gode hul nie oor die mensdom bekommer nie.

Sinoniem:
• gastronoom
• genotsoeker
• lekkerbek
• smulpaap

Antoniem:
• stoïsyn

Verwant:
• epikurisme
• epikuristies

Vertaling:
Engels: epicure
Nederlands: epicurist

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gis
Volgende onderwerp: stoïsyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:20:14 MGT 2024