Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gis
gis [boodskap #130504] Do, 26 Maart 2020 15:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gis
Gis
gis
Afbreking: gis


Selfstandige naamwoord: gis
Meervoud: giste

Betekenis:
• 'n Middel wat opbruising en skuimvormig veroorsaak, gebruik vir die bak van brood en die brou van bier.
• (biologie) Een van 'n aantal eukariotiese mikro-organismes van die swam-koninkryk.

Gebruik:
Gis stel koolsuurgas vry wat holtes in die deeg vorm en die deeg laat rys.
Giste word van bakterieë onderskei deur die besit van 'n selkern en deur hul grootte.

Sinoniem:
• suurdeeg

Afgelei:
• gisfabriek
• gisstof
• gisting

Vertaling:
Engels: yeast, leaven
Nederlands: gist


Werkwoord: gis
Verlede tyd: het gegis

Betekenis:
• Opbruis met die toediening van 'n gis-swam.
• 'n Vermoede oor iets uitspreek; raai; skat.

Gebruik:
• Laat die deeg goed gis.
• Jy hoef nie langer te raai of te gis nie, want hier is jou antwoord...

Afgelei:
• gissing

Vertaling:
Engels: to ferment, rise; guess, conjecture
Nederlands: gisten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veldpatat
Volgende onderwerp: epikuris
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:20:03 MGT 2024