Mampoer stook gids [boodskap #113839] |
Di, 17 April 2007 17:30 |
Dirk
Boodskappe: 3 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
miskien my inlig? Dankie
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113840 is 'n antwoord op boodskap #113839] |
Di, 17 April 2007 20:20 |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On 17 Apr 2007 10:30:40 -0700, Dirk wrote:
> Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
> miskien my inlig? Dankie
basies het jy gesê - basies, baie basies, kry jy dit.
"n stookketel waarin jy die vrugte stook, met 'n deksel, en 'n tuit.
'n Gasstoof daaronder.
'n Waterdigte veiligheidsisteem wat sal voorkom dat jy jou huis aan
die brand steek.
Myne was gemaak van 'n groot roomkan. Die tuit moet altyd oop wees
natuurlik om drukking te kan laat ontsnap.
Vrugte word in redelike groot hompe gesny en in die kan gegooi. Wees
maar redelik rojaal met suiker daaroor en laat dit gis.
O ja, en suurdeeg.
Maak dit dig toe om dit teen goggas te beskerm.
Na 'n paar dae se gisting proses kan jy dit stook. Sorg dat daar
altyd toesig gehou word oor die gasvuur, wat natuurlik slegs brand
wanneer jy besig is met die stookproses.
Houer met etiket gemerk "Witblits' onder die tuit wanneer dit begin
drup.
Epos adres van fynproewer (die kan ek voorsien).
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113845 is 'n antwoord op boodskap #113840] |
Wo, 18 April 2007 07:32 |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dave wrote:
> 'n Gasstoof daaronder.
> 'n Waterdigte veiligheidsisteem wat sal voorkom dat jy jou huis aan
> die brand steek.
>
Sal 'n 'hot-plate' aanbeveel. Die etanol is vlugtig en vlambaar, tensy
jou tuit lank genoeg is om die produk van die hitte af weg te lei. Dis
in elk geval aan te bevole (!) om 'n lang, verkoelde tuit te hê (soos
die harem die sjeik versoek het), dan is daar meer effektiewe
kondensasie en 'n beter opbrengs.
|
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113915 is 'n antwoord op boodskap #113845] |
Do, 26 April 2007 12:40 |
bouer
Boodskappe: 4798 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koot skryf
Die etanol is vlugtig en vlambaar
My dierbaarheid. Nou eers lui die klokkie
in my kop. So enige plantaardige materiaal
as jy hom stook, gee etanol af? Nie net
mielies nie ( of corn soos hulle dit hier in
Noord-Amerika noem.)
Gloudina
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113916 is 'n antwoord op boodskap #113845] |
Do, 26 April 2007 12:44 |
bouer
Boodskappe: 4798 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koot skryf:
> Dis in elk geval aan te bevole (!) om 'n lang, verkoelde tuit te hê (soos
> die harem die sjeik versoek het
Koot, dit lyk vir my jy het seks op die
brein. As ek nou nie geweet het dat
jy nou in die herfs daar is nie, sou ek
gedink het dis lente daar by julle.
Hier by ons was die lente laat.
Maar die gras word darem nou al groen,
en ons het gister die eerste half-wilde
daffodils langs die River Parkway gesien.
So amper die hele lente lê nog voor.
Ek hoop daar sal genoeg tulpe oop
wees oor so 'n week of twee, wanneer
die Tulip Festival gehou word.
Gloudina
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113954 is 'n antwoord op boodskap #113915] |
Wo, 02 Mei 2007 10:18 |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie wrote:
> Koot skryf
>
> Die etanol is vlugtig en vlambaar
>
> My dierbaarheid. Nou eers lui die klokkie
> in my kop. So enige plantaardige materiaal
> as jy hom stook, gee etanol af?
Dit moes darem eers gegis het, om die etanol te laat vorm. Maar ja, as
daar suikers in is, sal die gisproses etanol laat vorm. Ek het die
proses bietjie aangehelp deur ekstra suiker by te voeg in die begin.
Hier in die Baai gooi hulle batterye en skoene ook in. Seker vir die
smaak.
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113955 is 'n antwoord op boodskap #113916] |
Wo, 02 Mei 2007 10:21 |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie wrote:
> Koot skryf
>
>> Dis in elk geval aan te bevole (!) om 'n lang, verkoelde tuit te hê (soos
>> die harem die sjeik versoek het
>
> Koot, dit lyk vir my jy het seks op die
> brein.
Hoekom klink dit so bekend? Seker eggos van die veertig of so meisies
wat ek by probeer aanlê het in my jeug...
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #129662 is 'n antwoord op boodskap #113839] |
Do, 06 Februarie 2020 09:33 |
jan[19]
Boodskappe: 1 Geregistreer: Februarie 2020
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Tuesday, 17 April 2007 19:30:40 UTC+2, Dirk wrote:
> Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
> miskien my inlig? Dankie
Hi Dave, as 'n mens maroelas wil stook by die huis, kan 'n mens 'n stoompot op die gasstoof gebruik? Moet die vrugte reeds afgeskil wees? Wat sal jy sê is die resep? Moet daar suiker bygevoeg word tydens die kookproses. My Oom het altyd die vrugte eers laat gis vooraf in 'n asblikdrom. Is dit reg? Kook en koel die stoom af deur 'n bv gaspyp op die stoompot se deksel deur 'n ysbad en vang op in 'n bottel? Help bietjie asb.
Groete
Jan Steenkamp
Nelspruit
083 6000 554
|
|
|
|
Re: Mampoer stook gids [boodskap #132467 is 'n antwoord op boodskap #132462] |
Vr, 31 Julie 2020 13:29 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 521 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Bestanddele:
* 1 kg suiker
* 1kg gesnyde vrugte (pynappel werk goed)
* 4 l water
* 'n Knypie gis
Fermenteer vir 1 tot 2 weke.
Die mengsel word dan in die stoker gegooi om die witblits by lae hitte (+- 70°C) daaruit te onttrek.
Laat ons weet hoe dit gaan.
|
|
|