Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vyand
vyand [boodskap #129448] Sa, 25 Januarie 2020 16:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18850
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vyand
Afbreking: vy•and
Uitspraak: /ˈfəi̯.ant/


Selfstandige naamwoord: vyand
Meervoud: vyande
Verkleinwoord: vyandjie
Meervoud van verkleining: vyandjies

Betekenis:
• 'n Persoon of groep wat jy nie vertrou nie, van wie jy niks hou nie en wat jou probeer skade aandoen.

Gebruik:
• Die Bybel vertel dat die vyand soos 'n brullende leeu rondloop en kyk wie hy kan verslind.
• Hou jou vriende naby en jou vyande nog nader.

Antoniem:
• bondgenoot
• vriend

Afgelei:
• vyandig
• vyandskap

Vertaling:
Engels: enemy, foe, adversary
Nederlands: vijand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vy
Volgende onderwerp: waaraan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 15:05:33 MGT 2024