Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vreet
vreet [boodskap #129438] Sa, 25 Januarie 2020 13:41
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18844
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Koeie wat strooi vreet.
Koeie wat strooi vreet.
vreet
Afbreking: vreet
Uitspraak: /frɪət/


Werkwoord: vreet
Verlede tyd: het gevreet
Teenwoordige deelwoord: vretende

Betekenis:
• Gulsig of op 'n onbeskaafde wyse eet (meestal van 'n dier gesê).
• Iets oordadig gebruik.
• Aan iets knaag; aantas (soos by siektes); inbyt (soos by sure).

Gebruik:
• Hy het nie geëet nie, hy het gevreet.
• Die motorfiets vreet kettings.
• Die probleem vreet aan my.

Spreekwoord:
• Hy vreet grond. [Sneuwel of van 'n rydier afval.]
• Die kolmuis vreet wasgoed. [Gesê as iemand se klere in die gleuf van die boude in trek.]
• Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou. [As jy met slegte geselskap omgaan, word jy ook sleg.]
• Armoede leer 'n hond rou rieme vreet. [Armoede dwing jou om dinge te gebruik wat jy in beter omstandighede nooit sou gebruik nie.]

Sinoniem:
• eet
• inneem
• nuttig
• verorber

Afgelei:
• invreet
• uitvreet
• vreter
• wegvreet

Vertaling:
Engels: to feed on, stuff
Nederlands: vreten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vreemdeling
Volgende onderwerp: vreugde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 11:46:42 MGT 2024