Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vreemdeling
vreemdeling [boodskap #129437] Sa, 25 Januarie 2020 13:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vreemdeling
Afbreking: vreem•de•ling
Uitspraak: /ˈfrɪə̯m.dəˌləŋ/


Selfstandige naamwoord: vreemdeling
Meervoud: vreemdelinge
Verkleinwoord: vreemdelingetjie (vreemdelinkie)
Meervoud van verkleining: vreemdelingetjies

Betekenis:
• Iemand wat mens nie ken nie.

Gebruik:
• Die vreemdeling het die grens oorgesteek en om asiel aansoek gedoen.

Spreekwoord:
• 'n Vreemdeling in Jerusalem. [Onbekend wees met dit wat algemeen bekend is.]

Afgelei:
• vreemdelingehaat
• vreemdelingebeheer
• vreemdelingelegioen
• vreemdelingskap

Vertaling:
Engels: stranger, foreigner
Nederlands: vreemdeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vreemd
Volgende onderwerp: vreet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 01:59:45 MGT 2024