Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vraagwoord
vraagwoord [boodskap #129432] Sa, 25 Januarie 2020 12:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vraagwoord
Afbreking: vraag•woord
Samestelling: vraag + woord


Selfstandige naamwoord: vraagwoord
Meervoud: vraagwoorde
Verkleinwoord: vraagwoordjie
Meervoud van verkleining: vraagwoordjies

Betekenis:
• 'n Woord wat 'n ope vraag inlei. Die woord waarmee 'n vraag wat nie 'n ja- of nee-antwoord het nie, begin.

Gebruik:
• In die vraagsin "Waar was jy?" is "waar" die vraagwoord.
• 'n Vraagwoord kan 'n vragend bywoord (hoe, wanneer, waar...) of vraende voornaamwoord (wie, wat, welke...) wees.
• Die volgende woorde is vraagwoorde: wat, wie, waar, waarom, wanneer, hoekom, ensovoorts.

Vertaling:
Engels: question words
Nederlands: vraagwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vraagsin
Volgende onderwerp: vraelys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:02:03 MGT 2024