Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vou
vou [boodskap #129430] Sa, 25 Januarie 2020 11:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vou
Afbreking: vou


Selfstandige naamwoord: voue
Meervoud: voue
Verkleinwoord: voutjie
Meervoud van verkleining: voutjies

Betekenis:
• Die lyn of plek waar iets gebuig is; die voulyn.

Gebruik:
• Sy stryk die vou plat.
• Ai, waar kom hierdie vou in my klere nou vandaan?

Vertaling:
Engels: fold
Nederlands: vouw


Werkwoord: vou
Verlede tyd: het gevou

Betekenis:
• Die hoeke oor mekaar buig.
• Iets of iemand toemaak.
• Die hande oor mekaar kruis.

Gebruik:
• Ek vou die wasgoed op.
• Hy vou die kombers om homself.
• Sy vou haar hande in ongeduld.

Vertaling:
Engels: to fold
Nederlands: vouwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vorentoe
Volgende onderwerp: vraagsin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:43:34 MGT 2024