Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voordeur
voordeur [boodskap #129425] Vr, 24 Januarie 2020 20:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18813
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die voordeur van 'n herehuis.
Die voordeur van 'n herehuis.
voordeur
Afbreking: voor•deur
Samestelling: voor + deur
Uitspraak: /ˈfʊə̯r.dɪør/


Selfstandige naamwoord: voordeur
Meervoud: voordeure
Verkleinwoord: voordeurtjie
Meervoud van verkleining: voordeurtjies

Betekenis:
• Die hoofdeur aan die voorkant van 'n gebou of huis.

Gebruik:
• Sy hoor die sleutel in die voordeur se slot.

Spreekwoord:
• As armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. [Liefde word in die getroude lewe minder as die armoede druk.]
• Dit gaan vinniger by die agterdeur uit as wat dit by voordeur inkom. [So baie spandeer dat die inkomste nie die uitgawes dek nie.]

Antoniem:
• agterdeur

Vertaling:
Engels: front door
Nederlands: voordeur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vooraf
Volgende onderwerp: immoreel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 13:41:29 MGT 2024