Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volledig
volledig [boodskap #129420] Vr, 24 Januarie 2020 16:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volledig
Afbreking: vol•le•dig


Byvoeglike naamwoord: volledig
Vergrotende trap: vollediger
Oortreffende trap: volledigste
Attributief: volledige
Partitief: volledigs

Betekenis:
• Met niks wat ontbreek nie; sonder om iets ongedaan te laat.

Gebruik:
• Dit lui die volledige ondergang van die magtige ryk in.
• Na enkele welslae aan die begin van die oorlog, word die Japannese Vloot tydens die Pasifiese Oorlog byna volledig uitgewis.

Sinoniem:
• absoluut
• algeheel
• allesomvattend
• kompleet
• volkome

Antoniem:
• onvolledig
• gedeeltelik

Afgelei:
• volledigheid
• volledigheidshalwe

Vertaling:
Engels: complete
Nederlands: volledig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voetspoor
Volgende onderwerp: volsin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:19:06 MGT 2024