Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ideaal
ideaal [boodskap #129417] Vr, 24 Januarie 2020 15:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ideaal
Afbreking: i•de•aal


Selfstandige naamwoord: ideaal
Meervoud: ideale

Betekenis:
• Wat 'n mens hoop om te bereik.
• 'n Voorstelling van wat (so na as moontlik aan) volmaak is.

Gebruik:
• Dit is my ideaal om eendag 'n dokter te wees.
• Die ervare persoon is iemand wat die verskil tussen die ideaal en die werklikheid ken.

Sinoniem:
• droombeeld
• hersenskim

Antoniem:
• werklikheid

Vertaling:
Engels: ideal; utopia
Nederlands: ideaal


Byvoeglike naamwoord: ideaal
Vergrotende trap: ideale
Oortreffende trap: ideaalste
Attributief: ideale
Partitief: ideaals

Betekenis:
• So gunstig as moontlik; wat aan die hoogste vereistes voldoen.

Gebruik:
• Die plek was pragtig en die weer was ideaal vir 'n vakansie.

Vertaling:
Engels: ideal
Nederlands: ideaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: burgerlik
Volgende onderwerp: afronding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:51:31 MGT 2024