Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snuiter
snuiter [boodskap #128947] Di, 31 Desember 2019 11:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Outydse snuiter.
'n Outydse snuiter.
snuiter
Afbreking: snui•ter


Selfstandige naamwoord: snuiter
Meervoud: snuiters
Verkleinwoord: snuitertjie
Meervoud van verkleining: snuitertjies

Betekenis:
• (figuurlik) 'n Jong persoon, gewoonlik 'n wysneus wat hom by grootmense se sake inmeng.
• (histories) Werktuig wat soos 'n skêr lyk om die verbrande pit van kers af te knip (die kers snuit).

Gebruik:
• Hy is bloot 'n snuiter en nog lank nie droog agter die ore nie.
• Sy knip die kers se pit met 'n snuiter en gooi die swart gebrande snuitsel weg.

Sinoniem:
• bogkind
• kêskuiken

Afgelei:
• bogsnuiter
• kerssnuiter
• snuitsel
• snuiterbuiter

Verwant:
• kersblusser

Vertaling:
Engels: kid, child; snuffer, pair of snuffers
Nederlands: snuiter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snuitsel
Volgende onderwerp: selfsugtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:58:02 MGT 2024