Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Kerkbasaar
Kerkbasaar [boodskap #128666] Vr, 13 Desember 2019 07:14
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Soos dit maar gaan met kerkbasaars, het tant Sarie se mooi koek wat sy bak platgeval.
Daar is nie tyd om 'n nuwe een te bak nie.
Sy prakseer toe 'n toiletrol in die middel van die koek om dit te ondersteun en vul dit toe op met versiersuiker.
Haar plan is toe om dit self te koop by die basaar.
Maar toe sy baie vroeg by die basaar kom, is die koek klaar verkoop!

Dis toe nie die einde van die storie nie.
Toe sy die Maandag by 'n vriendin gaan teedrink, staan die koek op die tafeltjie en wag!
"Wat 'n mooi koek" is al wat tant Sarie kan uitkry.
"Dankie," sê die vriendin, "Ek het dit gister gebak..."
Vorige onderwerp: Sterk geloof
Volgende onderwerp: Bestuursvernuf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:23:38 MGT 2024