Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kyk
kyk [boodskap #128611] So, 08 Desember 2019 10:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kyk
Afbreking: kyk


Selfstandige naamwoord: kyk
Meervoud: kyke
Verkleinwoord: kykie
Meervoud van verkleining: kykies

Betekenis:
• Aksie waardeur mens jou oë na iets of iemand draai om dit te sien; die manier waarop mens iets beskou; oogopslag.

Gebruik:
• Die juffrou gee hom 'n vuil kyk.

Vertaling:
Engels: look, view
Nederlands: kijk


Werkwoord: kyk
Verlede tyd: het gekyk
Teenwoordige deelwoord: kykende

Betekenis:
• Die oë draai of fokus om te kan sien.
• Iets mooi oppas.
• Om iets te soek.

Gebruik:
Kyk vir my as ek met jou praat.
• Hy kyk mooi na sy goed.
• Help my om vir my bril te kyk.

Spreekwoord:
• Apie kyk vir kerriekos. [Sê dit as jy iemand fop of uitoorlê.]
• Die kat uit die boom kyk. ['n Afwagtende houding aanneem; versigtig wees.]
• Hy kyk altyd met Argusoë. [Besonder waaksaam en oplettend.]
• Sy kyk deur 'n blou bril. [Sy is terneergedruk.]
• Hy kyk die kos uit my mond. [Iemand wat eet, aankyk.]
• Sy kyk my middeldeur. [Iemand in woede aankyk.]
• Hy kyk my stukkend. [Iemand baie kwaai aankyk.]
• Sy kyk my vierkant in die oë. [Nie vir iemand terugdeins nie.]
• Hy kyk op sy neus. [Teleurgesteld of verleë wees.]
• Hy kyk teen sy ooglede vas. [Iets wat naby is nie raaksien nie.]
• Iemand in die gesig kyk. [Nie weens 'n skuldige gewete vir iemand hoef skaam te wees nie.]
• Iemand kyk diep in die bottel. [Hy drink graag.]
Kyk, aap het ook 'n stert gekry! Gesê as iemand hom iets verbeel.]
Kyk so 'n doring! [Skertsend gesê van iemand wat presteer het.]
• Moenie 'n gegewe perd in die bek kyk nie. ['n Geskenk moenie gekritiseer word nie.]
• Nie verder kyk as wat jou neus lank is nie. [Nie vooruit dink nie.]

Sinoniem:
• sien

Afgelei:
• aankyk
• opkyk
• verkyk

Vertaling:
Engels: to look, watch, browse
Nederlands: kijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwêlafluit
Volgende onderwerp: laai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:24:15 MGT 2024