Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kussing
kussing [boodskap #128608] So, 08 Desember 2019 09:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kussing.
'n Kussing.
kussing
Afbreking: kus•sing
Uitspraak: /ˈkœ.səŋ/


Selfstandige naamwoord: kussing
Meervoud: kussings
Verkleinwoord: kussinkie
Meervoud van verkleining: kussinkies

Betekenis:
• Gevulde sak van sagte materiaal waarop die kop rus as 'n mens slaap, of die rug ondersteun as 'n mens sit.

Gebruik:
• Sy slaap altyd met twee kussings.

Spreekwoord:
• 'n Goeie gewete is 'n sagte kussing. [Iemand wat nie deur sy gewete gepla word nie, kan rustig slaap.]

Hiponiem:
• bedkussing
• naaldekussing
• speldekussing
• stoelkussing

Afgelei
• kussinggeveg
• kussingoortreksel
• kussingsloop

Verwant:
• deken
• kombers
• laken

Vertaling:
Engels: pillow, cushion
Nederlands: kussen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kunswerk
Volgende onderwerp: kwart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:31:35 MGT 2024