Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kruis
kruis [boodskap #128603] Sa, 07 Desember 2019 19:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18784
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kruis.
'n Kruis.
kruis
Afbreking: kruis
Uitspraak: /ˈkrœɪ̯s/


Selfstandige naamwoord: kruis
Meervoud: kruise
Verkleinwoord: kruisie
Meervoud van verkleining: kruisies

Betekenis:
• 'n Paal met 'n dwarshout, of 'n vorm met 'n horisontale en vertikale deel wat reghoekig sny.
• 'n Merk in die vorm van 'n X.
• 'n Mengsel van verskillende goed.

Gebruik:
• Hy rig 'n kruis langs die pad op waar sy geliefde gesterf het.
• Sy maak 'n kruis in die toepaslike blokkies.
• Die straatbrak is 'n kruis tussen poedel en 'n worshond.

Spreekwoord:
• Hy loop kruis en dwars. [Heen en weer.]
• Elke huis het sy kruis. [Elkeen het sy moeilikheid of leed.]
Kruis of munt roep. [Die voor- of agterkant van die muntstuk.]
• Elkeen moet sy kruis dra. [Elkeen moet sy eie moeilikhede dra.]
• 'n Mens ontvang krag na kruis. [Krag om leed en beproewing te aanvaar.]

Afgelei:
• kruisboog
• kruisig
• kruisiging
• kruistog

Vertaling:
Engels: cross
Nederlands: kruis


Werkwoord: kruis
Verlede tyd: het gekruis
Teenwoordige deelwoord: gekruisde

Betekenis:
• Oor mekaar te sit.
• Om oor iets te gaan.
• Verskillende goed meng; bymekaar sit.

Gebruik:
• Ek kruis my bene as ek sit.
• Hy kruis die rivier op 'n boot.
• Sy kruis rose om nuwe kleure te kry.

Vertaling:
Engels: to cross
Nederlands: kruisen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kruip
Volgende onderwerp: kryt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 04:55:10 MGT 2024