Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kompetisie
kompetisie [boodskap #128583] Sa, 07 Desember 2019 07:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kompetisie
Afbreking: kom•pe•ti•sie


Selfstandige naamwoord: kompetisie
Meervoud: kompetisies
Verkleinwoord: kompetisietjie
Meervoud van verkleining: kompetisietjies

Betekenis:
• Geleentheid waar mense teen mekaar deelneem en probeer om eerste te kom of die beste te wees.
• Die daad om beter as iemand anders te wil wees; hard probeer om te wen of te oortref.

Gebruik:
• Het jy vir die kompetisie ingeskryf?
• Hy is geen kompetisie vir my nie. Die broers is daagliks in 'n kompetisie tussen lewe en dood gewikkel.

Sinoniem:
• mededinging
• wedstryd
• wedywering

Afgelei:
• kompetisiegees
• kompetisiespel
• kompetisiewedstryd
• uitklopkompetisie
• uitvalkompetisie

Vertaling:
Engels: competition, contest, league
Nederlands: competitie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kompartement
Volgende onderwerp: konsert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 08:00:34 MGT 2024